Partymaal draai die lewe anders uit as wat jy dit in jou wildste drome voorgestel het. Vir Willem van Vuuren is die hoërskool eerder ’n nagmerrie as die avontuur waarop hy gehoop het. Want almal eis hulle pond vleis van hom: Daar is die vreemde karakters in die kunsklas waarin hy per ongeluk beland, die rugbyspan waarin hy ter wille van sy pa se Twickenham-knie moet vasbyt, en die simpel kompetisie waarvoor sy broers hul pa wil inskryf. Hallo – hulle pá! Dalk is juffrou Blom reg: Partymaal moet jy jou eie kop volg. En sy behoort te weet, want sy kan ’n rugbybal skop dat dit klein word. Willem Poprok is bekroon met ’n Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur (2009), die M.E.R.-Prys vir Jeugliteratuur (2011) en die Scheepersprys vir Jeugliteratuur (2013). Hierdie skooluitgawe van Willem Poprok is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Willem Poprok (skooluitgawe)
€8.60 Original price was: €8.60.€6.79Current price is: €6.79.
Be the first to review “Willem Poprok (skooluitgawe)” Reactie annuleren
Related products
€5.93
Sale!
Historische Fictie
Sale!
Business & Financiën
Sale!
Biografieën
Sale!
Biografieën
Sale!
Science Fiction
€1.71
Fiction
€6.01
Sale!
Gezin & Relatie
Fantasy
€3.43
Sale!
Paranormale Romans
Sale!
Kinderboeken
Christelijke Romans
€3.43
Sale!
Biografieën
Kunst & Architectuur
€7.73
Detectives & Thriller
€3.43


Reviews
There are no reviews yet.